MOSSELBAAI NUUS - Die Groot Brak-polisie en Gemeenskapsforum en die department van Korrektiewe Dienste op Mosselbaai, het onlangs deelgeneem aan 'n gesamentlike projek om die Friemersheim Primêre skool te beveilig.
Sersant Lauriane Botha, die polisiewoordvoerder wat verantwoordelik is vir die welsyn van sewe skole, sê dis 'n gesamentlike poging om die welsyn en veiligheid van leerders, onderwysers en ander mense op die skoolterrein te bevorder.
'n Spesiale net is onder die opslaan-klaskamers gespan om te verhoed dat slange onder dit inkruip.
James Speelman, skoolhoof van Friemersheim Primêre Skool met 226 leerders, sê die skool is dankbaar vir enige donasie of hulp van die gemeenskap.
"Ons is bietjie afgeleë hier en is verskriklik dankbaar vir die net wat die mense kom span het as 'n voorsorgsmaatreël teen slange wat onder die klaskamers inkruip."
Sersant Lauriane Botha, van die Groot-Brakrivier polisiestasie, saam met lede van die Mosselbaai Korrektiewe Dienste en die Gemeenskapsforum by die Friemersheim Primêre skool.
Foto's: Alet Engelbrecht
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’