MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier is opsoek na ‘n 31-jarige familielid van ‘n man wat gisteraand, op Woensdag 29 Junie by sy woning op Wolwedans vermoor is.
Polisiekommunikasiebeampte, sers Laurianne Botha sê volgens ooggetuies was die 61-jarige slagoffer en die familielid om ongeveer 20:00 in ‘n woordewisseling betrokke.
Die slagoffer is met ‘n skerp voorwerp doodgesteek. ‘n Saak van moord word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'