MOSSELBAAI NUUS - Marlize Hoek is aangestel as die nuwe hoof by Mosselbaai EK Primêre Skool, voorheen bekend as All Saints Primêre Skool. Sy is die eerste vrou wat as skoolhoof aan die stuur van sake by dié geskiedkundige skool staan.
Sy en haar man, wat met die aanvang van die nuwe skooljaar by Laerskool Hartenbos as adjunkhoof aangestel is, het saam op Wellington grootgeword. Marlize was die afgelope 10 jaar verbonde aan die Newton Primêre Skool op Wellington.
Sy vertel dat haar man tydens 'n skooltoer na Mosselbaai as kind die wens uitgespreek het om eendag op dié dorp te woon, en hier is hulle nou!
Die egpaar het twee seuns onderskeidelik 14 maande en vyf jaar oud.
"Ek vind die mense van Mosselbaai so vriendelik en warm," sê sy. Wat haar visie vir die skool betref meen sy, het sy dit so saamgevat in haar verwelkomingstoespraak: "Alles wat ons hier doen, is met liefde teenoor mekaar, teenoor die kinders, teenoor die ouers en teenoor kollegas."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'