Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Een verdagte het vandeesweek in die Mosselbaai-landdroshof verskyn ná ‘n mesaanval op Groot-Brakrivier waarin drie mense beseer is.
Die voorval het tydens die oggendure van Saterdag, 18 Januarie, in die parkeerterrein van OpiSpoor Restaurant en Pub plaasgevind ná die kroeg reeds toe was.
Drie persone is tydens die voorval beseer – een kliënt en twee personeellede van OpiSpoor.
Twee verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Heinrich Riddles (20) het Maandag, 20 Januarie, in die hof verskyn. Sy saak is uitgestel na 24 Januarie vir regshulp. Hy verskyn op dié datum op Groot Brak in die hof en bly intussen in aanhouding.
Die ander verdagte het nie in die hof verskyn nie en is intussen vrygelaat. Die rede vir sy vrylating is nog onbekend. Sy identiteit mag nie bekendgemaak word voor hy in die hof verskyn het nie.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’