MOSSELBAAI NUUS - Een melkhout is verwyder en bykans 1000 aalwyne is hervestig tydens die aanbouing van 'n nuwe winkelsentrum.
Die Mossel Bay Advertiser is ingelig dat melkhoutbome op die perseel van die nuwe winkelsentrum, Garden Walk, was en dat dit ná bewering verwyder is.
Slegs een melkhoutboom is geoormerk vir die verwydering daarvan nadat die inspeksies afgehandel is, het die ontwikkelingsverteenwoordiger gesê.
Die ontwikkelaars het aan die Advertiser gesê 'n aansoek aan die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning (DEA&DP) is gestuur.
"'n Verteenwoordiger van die departement van bosbou, visserye en omgewing (DFFE) het ook 'n ter plaatse inspeksie gedoen waarna 'n permit uitgereik is," sê 'n woordvoerder van die ontwikkeling wat verkies om anoniem te bly.
Die DFFE het bevestig 'n permit is toegestaan vir die verwydering van een melkhoutboom.
Melkhoutbome is beskermde Flora in Suid-Afrika, veral in die Wes-Kaap.
Onder die Nasionale Boswet van 1998 (Wet No. 84 van 1998) vereis die sny of snoei van wit melkhoutbome 'n lisensie, behalwe waar minder as 25% van die kroon gesnoei word, maar nie vir die top van sulke bome, en nié vir nuwe ontwikkeling of herontwikkeling nie.
Altesaam 1 000 aalwyne is in die proses gered.
Dit het deel gevorm van die ontwikkelaars se plantreddingsvereistes.
DFFE sê daar was 'n gesprek met die ontwikkelaars oor die planne om melkhoutbome op die terrein te herplant.
Altesaam 20 Outeniqua geelhoutbome sal ook geplant word, soos vereis deur die permit wat aan die ontwikkelaars uitgereik is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’