MOSSELBAAI NUUS - Die talle dooie duiwe wat in die Heiderand en Laerskool Park omgewing gevind word, is nie weens voëlgriep dood nie.
Volgens die Eden Distriksmunisipaliteit se hoof van gesondheidsinspekteurs, mnr Sam Bendle het die staatsveearts, Dr Dysan, bevestig dat sy toetse wys die oorsaak van die sterftes is nie voëlgriep nie.
Dit kan wel moontlik New Castle-siekte wees wat blykbaar redelik algemeen is.
"Inwoners kan die dooie voëls in die natuur los.
"Die 'kieme' gaan binne 4 ure dood. Die duiwe kan ook veilig begrawe word as inwoners dit uit die oog wil hê.
"Dit is nie nodig om die dooie duiwe te verbrand nie," berig die munisipale woordvoerder, mnr Colin Puren.
Dit volg nadat berigte van verskeie inwoners ontvang is dat tot soveel as tien dooie duiwe per dag in erwe in die Heiderand omgewing en naby Laerskool Park opgespoor is.
Inwoners het hul kommer uitgespreek nadat voëlgriep onlangs by seevoëls gediagnoseer is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'