MOSSELBAAI NUUS - Dis die tweede dag van die Garden Route Family Expo met hope vermaak vir die hele familie.
Daar is stalletjies om van te kies en keur en die uitstallers sien uit daarna om jou te verwelkom.
Die hoogtepunt vir vandag is natuurlik die trekking om die wenner van die Next Gen Ford Ranger Raptor te bepaal.
As jy al ooit daarvan gedroom het om jou eie Ford bakkie te besit, is dit nou jou kans om daardie droom te laat waar word - en dit vir slegs R250.
Kry jou kaartjies aanlyn by https://raffle.gardenroutefamilyexpo.co.za/entry-form/1 of koop dit sommer by die Expo. Die trekking vind op vandag, 27 April, om 19:00 by die expo plaas.
Talentvolle kunstenaars vorm ook deel van die stampvol program.
Daar is minder en meer bekende name op die naweek se program, maar elkeen beloof om behoorlike vermaak te verskaf.
Gaan jy jou tekkies aan die brand dans saam met Irene-Louise van Wyk? Gaan jy mielies gooi en soos Kwagga dans saam met Jan Jan Jan? Of gaan jy dit lekker tradisioneel hou en skoffel saam met die Klipwerf Boere Orkes?
Só lyk vandag se program:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’