Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Ontstellende groot hoeveelheid vis het sedert Saterdagoggend in die Hartenbosrivier gevrek weens ‘n tekort aan suurstof.
Die buitengewone warm weer op Vrydag, 13 November het gelei daartoe dat die alge in die rivier gevrek het en daartoe gelei dat die suurstofvlakke in die water aansienlik gedaal het.
Verskeie vissoorte is opgemerk onder andere elwe, springers, haarders, steenbras en tilapia. Tilapia, ‘n varswater vissoort vrek ook as dit in die seewater beland. Kleiner visspesies het ook by die duisende gevrek.
Munisipale amptenare en lede van die Hartenbosrivier Forum het Saterdag watergehaltetoetse gedoen en besluit dat die monding vroeg vanoggend, 15 November oopgemaak moet word.
Lede van die gemeenskap het in getalle op die strand opgedaag en kinders het probeer om van die visse red voordat die sloot na die see oopgegrawe is.
Die verwagting is dat ‘n groot hoeveelheid haaie, dolfyne en ander roofvisse in die omgewing gaan wees waar die vis in die see inspoel. Die publiek word gemaan om liefs nie in die water te gaan nie.
Kyk 'n video van Saterdag 14 November:
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser as ook aanlyn.
Vorige artikel: Hartenbos-rivier word oopgemaak na visvrektes
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'