Gallery Update
MOSSELBAAI NUUS - Die afgelope naweek het Garden Route DBV Mosselbaai weer eens bewys dat hulle nie stuit vir enige situasie nie, maak nie saak hoe groot of klein nie. Tydens die brand wat Sondag in Seemeeupark plaasgevind het, was die DBV-inspekteur aan diens, Mariska Jacobs dadelik gereed om die huiseienaar se twee katte wat in die huis was na veiligheid te bring.
Die een Persiese kat, Sunette het brandwonde aan haar pootjies opgedoen, en is behandel vir skok en trauma.
Die brandweer het die ander kat, Mia gekry, wat gelukkig tydens die brand op die onderste verdieping van die huis was.
Sy is in 'n goeie toestand. Die katte was deur dr Susi Kok van Dana Bay Veterinary Clinic behandel en doen goed.
Die DBV bedank Mossselbaai brand- en rampbestuursdienste vir hulle hulp tydens die brand en Mariska, vir die passie waarmee sy diere help. Die DBV is trots om sulke passievolle personeel te hê.
Brandweermanne besig om die vuur te blus.
Die brand was op die boonste verdieping.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'