Verlede jaar hierdie tyd was die Wolwedansdam se vlak op 100,2%.
Danksy die onlangse reën in Mosselbaai, nader die dam weer daardie vlak.
Die beheerbeampte van die Wolwedansdam se beheerwater, Cobus Visagie, het vanoggend aan Mossel Bay Advertiser bevestig dat die dam om 08:00 vanoggend 91,14% vol was en die vlak op 50,77 m.
Om 03:30 vanoggend was die dam nog op 84,46% en 49,23 m, wat beteken dit het in sowat vier en ’n half uur met 6.68% en 1,54 m gestyg.
Volgens Visagie moet die metervlak 52,7 m bereik vir die dam om 100% vol te wees.
Wolwedansdam soos op Donderdagoggend 7 Mei. Foto: Verskaf
Hy sê hulle verwag dat die dam vandag sal oorloop - daar is reeds 111,8 mm se reën in daardie area gemeet.
Volgens die departement van water en sanitasie se weeklikse damverslag wat op Maandag 4 Mei uitgereik is, was Wolwedans se vlakke vóór die onlangse reën op 54,5%.
OPVOLG @ 10:00
Die dam is 93,65% vol en op ’n vlak van 51,33 m.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’