MOSSELBAAI NUUS - Die kroning van die tweede Crawlers & Crowns Little Mr / Miss Eden SA asook die Crawlers & Crowns-kompetisie vir babas en kinders tot 12 jaar oud, is verlede naweek in Mosselbaai gehou.
Die organiseerder, Karen Gray, sê Crawlers & Crowns ondersteun die Cats Garden Route, Odin asook die PDSA.
Gray sê hulle ondersteun die organisasies met donasies wat elke deelnemer insamel. Die kompetisie het op 18 Mei by die Diaz Hotel plaasgevind.
Die organiseerder sê hulle is gelukkig om fantastiese borge te hê wat hulle elke jaar ondersteun.
Op 27 Desember, word Crawlers & Crowns se tweede Teen, Miss en Mrs & Mr Eden SA-kompetisie by die Garden Route Casino aangebied. Intussen, sê Gray, gaan hulle ook op 20 Julie die Eden SA topmodelkompetisie hou.
Sy sê die wenner kry 'n gratis inskrywing na die nasionale- topmodelkompetisie.
Hou Crawlers & Crowns se facebook-blad dop vir al die inligting.
Tiny Miss Eden SA Imange-inkosi Khumalo (6) van Mosselbaai.
Die wenners van Crawlers & Crowns en Little Mr / Miss Eden SA 2019.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'