Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Terwyl ‘n man van Mosselbaai ná bewering ‘n 11-jarige meisie die afgelope naweek op haar ouers se sitkamerbank verkrag het, het die polisie per toeval ‘n klagte by ‘n ander woning naby die voorval bygewoon.
Die slagoffer se pa het op dié betrokke aand, Saterdag 24 Augustus, kort na middernag by die huis ingestap en die verdagte op heterdaad betrap.
Die pa het die verdagte, 'n buurman, in die huis toegesluit en kon die polisie, wat 'n ander klagte bygewoon het, roep.
'n 37-jarige man is op die toneel in Sone 8 in hegtenis geneem.
Die verdagte sal na verwagting vandag sy eerste verskyning op ‘n aanklag van verkragting maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’