MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Mosselbaai het vanoggend, 28 September vroeg reeds opgedaag by die Mosselbaai-stadsaal waar ‘n ope dag vir die wegmaak van gevaarlike huishoudelike afval plaasvind.
Inwoners word genooi om tot 14:00 vandag nog die Mosselbaai-stadsaal te besoek More, 29 September vanaf 08:30 tot 14:00 kan inwoners na Groot-Brakrivier gaan en hulle afval by die munisipale kantore kan gaan aflaai.
Dit sluit in:
- motorolie, oliefilters, remvloeistof
- gebruikte vriesteenmiddel
- verf, verfverdunner, terpentyn
- plaagdoders of onkruiddodershuishoudelike batterye
- ou TV-stelle, verskeidenheid elektroniese toestelle
- motorbande
- fluoorbuise en gloeilampe
- huishoudelike mediese afval (naalde en ou medisyne en tablette)
Die volgende items word nie aanvaar nie:
- plofstowwe
- ammunisie
- radioaktiewe materiale
- wetlikbeheerde medisyne
Bring die items moet in ‘n sterk kartondoos, verkieslik die oorspronklike verpakking geplaas en gemerk word.
Moet nooit gevaarlike items meng nie.
As gevolg van permit vereistes en die hoeveelheid persone wat aan die program deelneem sal van u verwag word dat u bereid moet wees om u houer saam met die gevaarlike afval in te gee.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'