GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier Sekondêr se matriekgroep van 1985 het onlangs ná 40 jaar bymekaargekom.
Die voormalige klasmaats het van 3 tot 5 Oktober in Groot-Brak ontmoet vir 'n naweek van samesyn.
"Na 40 jaar se weersiens was dit 'n onvergeetlike naweek van lag en trane," sê die sameroeper en huidige sporthoof by dié skool, Peter Smith.
"Ons het dit verskriklik geniet en gaan weer so maak. Hoekom ons 40 jaar gewag het om dit te doen is 'n raaisel!"
'n Aantal persone en instansies het dié geleentheid moontlik gemaak en die groep het hulle hartlik bedank.
Smith sê hulle het ook 'n geraamde foto en kers aan die familie van drie klasmaats wat oorlede is, oorhandig. Die hoër- en laerskool het elk ook 'n boompie ontvang om te plant.
Groot-Brak Primêr se hoof, D.G. Rhoode, ontvang 'n boom by die 1985-matriekgroep.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’