MOSSELBAAI NUUS - Braaityd! Somer is in volle swang, die kole knetter, en die geur van 'n regte Suid-Afrikaanse braai hang soos die vakansie reeds in die lug.
Dis daardie tyd van die jaar wanneer alles stadiger, ligter en lekkerder voel perfek vir kreatiewe disse, heerlike geselskap, kuiers en warm aande om die vuur.
Maak die rooster warm en die glas vol... Die tradisionele braaibroodjieresep kraai altyd koning, asook 'n paar braaiwenke.
SA Braaibroodjieresep (klassiek en lekker!)
Bestanddele (vir 4 braaibroodjies):
- 8 snye wit- of bruinbrood
- Botter of margarien
- 1-2 groot tamaties, in dun skyfies
- 1 groot ui, in dun ringe
- Gerasperde cheddar of gouda
- 'n Bietjie blatjang (opsioneel maar baie lekker!) Sout & swartpeper
- Olie of botter om die rooster liggies te smeer
Metode
- Botter elke sny brood aan die buitekante (die kant wat gaan rooster).
- Smeer die binnekant van die broodjies met 'n dun lagie blatjang (opsioneel).
Rak dan in hierdie volgorde:
- Kaas
- Uie
- Tamatie
- Sout en peper
- Sit die ander sny brood bo-op (botterkant na buite).
Om te rooster oor kole
- Plaas in 'n braairooster (die draairooster werk die beste).
- Braai oor medium kole, stadig, sodat die brood goudbruin word en die kaas smelt.
- Draai gereeld om brand te voorkom.
- Sny in driehoeke en bedien warm!
Bonus: "Lekkerder as lekker" variasies vir braaibroodjies
- Spek en kaas
- Driekaas (cheddar, mozzarella, feta)
- Peri-peri-hoender en kaas
- Pynappel, ham en kaas
- Rooi uie en sweet chill
Wenke en truuks vir 'n lekker braai
1. Bou die perfekte kole Gebruik hardehout (rooikrans, swarthout, wingerdstokke) vir warm, lang kole. Wag tot die kole gryswit is voordat jy begin braai - dan brand niks aan nie.
2. Temperatuurbeheer
Hoë hitte: Steak, hoenderborsies, wors. Medium: Skaaptjops, hoenderdye.
Lae hitte: Ribbetjies, groot stukke vleis, roosterkoek. Maak warm' en 'koel' sirkels in jou vuur deur kole te skuif.
3. Moenie te veel draai nie Vleis moet slegs een of twee keer omgedraai word om sappig te bly.
4. Sout op die regte tyd
Vir rooi vleis: sout voor die tyd is heeltemal reg - dit trek nie noodwendig al die vog uit nie.
Vir hoender: sout ná bruinword help voorkom dat die vel waterig raak.
5. Braaibroodjies laaste Brood brand baie maklik. Sit eers op wanneer die kole begin sak en jy klaar is met vleis.
6. Maak dit 'n ervaring Braai is sosiaal - sit musiek aan, gooi 'n koue een, gesels, lag en geniet!
En onthou: die beste braaier braai stadig!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’