MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit sê die volumes bouplanne wat ingedien word by sy bouplanafdeling bly steeds hoog en daar word hard gewerk om planne binne die voorgeskrewe tyd na te sien vir goedkeuring.
Dit volg ná 'n klag van 'n leser aan Mossel Bay Advertiser dat daar steeds vertragings in die proses ondervind word.
Die munisipaliteit het gedurende April 'n vergadering met rolspelers in die boubedryf gehad waar verskeie kwessies, wat 'n effek op vertragings het, bespreek is.
Onder die kwessies was die feit dat daar tans vakante poste in die afdeling is.
"Die betrokke personeel in die plannasienafdeling werk hard. Dit bly egter 'n uitdaging, maar die nodige prosesse om vakante poste te vul is reeds begin en tesame met ander interne maatreëls wat in plek gesit is, is goeie vordering gemaak.
"Die aantal bouplanne, wat deur Mosselbaai-munisipaliteit goedgekeur word per maand, is nog steeds hoog vergeleke met ander munisipaliteite in die omgewing en Wes-Kaap."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’