MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier versoek motoriste om versigtig te ry op die Groot Sorgfonteinpad naby Friemersheim nadat ‘n kop-aan-kop-botsing pas plaasgevind het.
Volgens inligting is nooddienste op die toneel en is toegang tot Friemersheim tans problematies.
Meer inligting volg sodra beskikbaar en dit amptelik bevestig is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'