Hannes Grové en Fanie Mollentze was die eerste van die Mosselbaaise duiweboere wat Saterdagaand 'n duif terug in hul hokke gehad het. Die duiwe is Saterdagoggend om 07:15 op Bloemhof (794km) gelos met die eerstes wat die afstand net onder 11 uur afgelê het.
Hannes (Boemerang) wen die ope 1 wedvlug en Fanie die ope 2. In die junior afdeling is dit JW Schutte (ope 1) en Zante Strydom (ope 2) wat met die wenposisies spog.
Alfie Ladson het ook sy stem dik gemaak en klok die wenner in die sprint wedvlug wat die Vrydag vanaf Victoria-Wes plaasgevind het.
Uitslae
- Ope 1: Boemerang (1, 12, 14, 22); Corrie Naude (2, 4, 7, 8, 13, 15); Van Eeden Hokke (3); Alan Gray (5, 23); Gillroy (6, 20, 24, 25, 26, 29, 30); Mollentze Hokke (9); Barnard Lofts (10, 17, 21, 28); Jerry van der Mescht (16); Le Grange Hokke (18); Hekka Fourie (19); Boshoff RPL (27)
- Ope 2: Mollentze Hokke (1, 22); Sinkfontein Hokke (2); Boshoff RPL (3, 13); Barnard Lofts (4, 6, 15, 19); Gillroy (5, 9, 23, 24, 26); Boemerang (7, 30); Corrie Naude (8, 16, 21); Alan Gray (10, 11); Daan Stander (12, 14, 29); Chapmar (17, 27); Van Eeden Lofts (18, 25); Le Grange Hokke (20).
- Sprint: Alfie Ladson (1); Barnard Lofts (2, 3, 8, 9, 16, 20); Mollentze Hokke (4, 5, 7, 10, 15); Boemerang (6, 11, 13); Capes Loft (12, 19); Van Eeden Lofts (14); Gillroy (17, 18)
- Junior ope 1: JW Schutte (1); Zante Strydom (2, 8); Tashinga Kadye (3, 5, 6); Marzaan van der Linde (4, 7).
- Junior ope 2: Zante Strydom (1, 2, 6); Tasinga Kadye (3, 5); Marzaan van der Linde (4, 7).
Zante Strydom se duifie het vir hom die juniors se ope 2 wedvlug gewen.
JW Schutte, wat saam met sy oupa Tol Nel uit 'n hok vlieg, het die juniors se ope 1 wedvlug met hierdie duifie van hom gewen.
Alfie Ladson het die sprint-wedvlyg vanaf Victoria-Wes met hierdie duif van hom gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’