MOSSELBAAI NUUS - Die onlangse bevordering tot 'n vol kolonel van KwaNonqaba-polisiestasie se bevelvoerende offisier het daartoe gelei dat Johan Braaff en sy gesin na Beaufort-Wes moes verhuis.
Kolonel Braaff het begin vanjaar reeds op Beaufort-Wes diens aanvaar, en die KwaNonqaba-polisie sal binnekort tydens 'n uithaler-byeenkoms gepas van hom afskeid neem.
"Ek wens kolonel Braaff net die beste toe met die nuwe uitdagings en verantwoordelikhede wat hy in sy nuwe pos in die gesig sal staar.
"Die KwaNonqaba-gemeenskap het vir ses jaar die voordeel van sy bekwame leierskap, toewyding en werkywer gesmaak. Sy opvolger sal groot skoene moet volstaan," sê die bevelvoerder van die Da Gamaskop polisiegebiedsone, brig Gerhard Jantjies.
"Die gemeenskap van KwaNonqaba, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), asook die talle gemeenskapsrolspelers met wie kol Braaff gereeld geskakel het, wens hom van harte geluk met sy welverdiende bevordering."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'