Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die klas van 2022 by die Hillcrest Hoërskool in Mosselbaai het 'n slaagsyfer van 95.7% behaal.
Dit is 'n merkwaardige prestasie in die lig van die Covid-pandemie wat dié groep leerlinge sedert 2020 gekniehalter het.
Sibongiseni Mpini is die toppresteerder met 'n gemiddelde van 85%.
Anna Ncube van Zimbabwe het onder moeilike omstandighede en baie uitdagings die tweede plek behaal met haar gemiddelde van 79%.
FOTOGALERY: Matriekuitslae Hillcrest Hoërskool
Van die 209 leerlinge wat die eksamen afgelê het, het 200 geslaag en 47.4% het matrikulasievrystelling verwerf.
Die leerlinge het in vyf vakke 'n 100% slaagsyfer gehad. Die vakke is rekeningkunde, IsiXhosa, Engels Huistaal, fisiese wetenskap en toerisme. Tien onderskeidings is in Afrikaans addisionele taal behaal.
Die hoof van die skool, Ivan Kroneberg, sê hy is baie trots op die span. “Die uitslae is bo-verwagting, want dit was 'n moeilike groep leerlinge en ons het baie probleme gehad. Soveel te meer, is ons baie dankbaar en trots op hul prestasies en die onderwysers se bekwaamheid en deursettingsvermoë."
Anna Ncube van Zimbabwe, het die tweede beste uitslae met 'n gemiddelde van 79% behaal ondanks baie moeilike omstandighede. Hier staan sy by die hoof van die Hillcrest Hoërskool, Ivan Kroneberg.
Hillcrest se top-presteerder is Sibongiseni Mpini wat 'n gemiddelde van 85% behaal het. Hy beplan 'n loopbaan in chemiese ingenieurswese.
Die skoolhoof van Hillcrest Hoërskool in Mosselbaai, Ivan Kroneberg, saam met die 2022 top-presteerder, Sibongiseni Mpini.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'