TUINROETE DISTRIKSNUUS - Prokureursfirma Rauch Gertenbach is bekroon met 'n gesogte PMR Africa-toekenning.
Die toekennings fokus op sake-uitnemendheid en word jaarliks gegee aan maatskappye gegrond op onder meer hulle bydrae ekonomiese ontwikkeling en stabiliteit in hulle streek.
"Rauch Gertenbach bly natuurlik toegewyd aan ons verantwoordelikheid tot die gemeenskap van die Suid-Kaap en is dankbaar aan die streek vir die ondersteuning wat ons as firma geniet die afgelope 99 jaar. Hierdie Golden Arrow-toekenning kom so amper mooi saam met ons 100 jarige herdenking wat in 2022 plaasvind," het Basson Piek, bedryfshoof van die firma vandeesweek met ontvangs van die toekenning gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'