Update
TUINROETE NUUS - Die Tuinroete bly die brandpunt van bek-en-klouseer in die Wes-Kaap.
Daar is nog sewe geaffekteerde plase in die Tuinroete en verdere uitslae wat nog hangende is, volgens die jongste terugvoer vanaf die departement landbou se veeartsenydienste.
In die provinsie self is daar tans 13 bevestigde gevalle vanuit 30 oop of verdagte gevalle.
Die ander brandpuntgebiede is in die Weskus, Kaapse Wynlande (Drakenstein) en Kaapstad.
Volgens die skakelbeampte van Agri Wes-Kaap, Rojeanne de Wet, is meer as 151 000 diere ingeënt, wat ongeveer 33% van die Wes-Kaap se kudde verteenwoordig.
Die provinsie bly egter steeds hoogs vatbaar vir verdere verspreiding, sê De Wet.
Volgens haar is die beskikbaarheid van entstowwe ’n groot bron van kommer, en die aanduiding is dat voorrade binne die volgende twee weke kan opraak.
Enige nuwe uitbraak gedurende hierdie tydperk kan die situasie aansienlik bemoeilik.
Agri Wes-Kaap doen ’n beroep op all produsente om waaksaam te wees en enige verdagte gevalle onmiddellik aan te meld.
Previous articles:
- Bek-en-klouseer: Beskikbaarheid van enstowwe kritiek, sê Tuinroete-veearts
- Foot-and-mouth confirmed in Mossel Bay
- Foot-and-mouth disease: know the signs in cattle
- Test results expected soon for suspected Mossel Bay foot-and-mouth disease case
- Foot-and-mouth disease poses major threat as farmers step up biosecurity
- Boere in Mosselbaai hou asem op: Verdagte bek-en klouseer-geval ondersoek
- Brandwag-plaas bevestig positiewe bek-en-klou toets
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’