MOSSELBAAI NUUS - Dit is EC-tyd in die Suid-Kaap en diere benodig voorkomende behandeling.
EC, 'n kleindiere parasietiese siektetoestand, is tans weer bedrywig in die Suid-Kaap, veral Mosselbaai tot George.
Eienaars van hasies, marmotte, hamsters, krimpies en ander klein diere word gevra om te let dat ons streek weer onder EC deurloop en julle julle diere moet behandel voor hulle siek word.
In samewerking met Danabaai-veeartse, en Southern Cape Bunny Haven word gevra dat alle eienaars hulle eksotiese diere gesond hou deur profelakties (voorkomend) te behandel.
Verlede jaar dieselfde tyd het dr Susi Kok van Danabaai Veeartse baie vinnig ingespring met behandelings en Southern Cape Bunny Haven bygestaan om talle siek diertjies in die Haven asook die streek te kan dokter. Hierdie jaar is dit drs Henk Basson en Marais Cilliers wat oorgeneem het by by Danabaai en reeds die opskieting van die parasiettoestant gevalle beleef in die streek, terwyl die Bunny Haven help waar hulle kan, maar self geen gevalle het nie asgevolg van hulle profelaktiese behandeling. VitalVet in George is ook reeds bewus van die situasie.
Vir behandeling gaan kry by jou naaste veearts Panacur om jou diertjie vir nege dae lank elke dag te kan behandel, om seker te maak dat hulle nie siek word nie. Dit is wel 'n kurses van nege tot 14 dae, en nie enkel behandelings nie.
Encephalitazoon Cuniculi is 'n protozoa parasiet wat die brein en organe aanval. Eerstens word die brein so aangetas dat die diertjie basies verlam word.
As dit vinnig behandel word, herstel die diertjie gewoonlik 100%.
Wanneer longe, die hart, die oë en niere aangetas word deur die EC, soos dit versprei, raak die kanse minder en die kans op dood is baie groot.
Dit is nie 'n virus nie, nie 'n bakterie nie, maar 'n parasiet en maklik om te voorkom, maar egter ook maklik om op te doen deur diertjies wat buite kom.
Tekens van EC - in fases soos dit gebeur:
- kop wat skeef tilt (baie gevalle, nie almal)
- diertjie bewe
- diertjie begin loop skeef of in sirkels ( baie gevalle, nie almal)
- baie slap / lam houding,
- oë begin jellierig raak en kan wit kolle kry as die EC-parasiet die oogbal binnedring
- volle verlamming
- asemhaling begin moeilik raak
- verwurging en roggel
- dood
Die EC tans werk baie vinnig - vanaf geen simptome na volle verlamming kan in 24 uur wees.
Waar kom EC vandaan:
- Katte is die grootse draers van EC
- EC kan in die grond lê (soos Parvo)
- vanaf die mis, uriene en speeksel van diere wat EC het of dra. (EC kan ingeasem word vanaf 'n draer)
- Die Suid-Kaap het 'n groter aanwesigheid van EC en veral nuwe diere wat in die streek inkom word siek.
- EC kan lank dormant in jou diertjie lê en dan aktief raak wanneer daar seisonale veranderings, stres, operasies of trauma was. In die Suid-Kaap is Mei die hoogste peik van aktiwiteit, soos ons aflei.
Let wel:
- Nie alle klein diere word siek van EC nie, baie dra dit en steek ander diere aan. Hulle imuun sisteme maak dat hulle dt nie kry nie, maar wel oordra.
- Kleindiere in die Suid-Kaap moet liewer elke ses maande profelakties behandel word vir EC; anders elke jaar begin Mei.
Panacur is nie duur nie. Dit kos jou so min as R20 per diertjie; om jou kleindiertjie te beskerm.
EC en die mens:
- slegs mense wat basies geen immuniteit het nie kan dit aansteek ; jou kans is groter om dit by jou kat te kry as by jou klein diertjie
- swanger vroue se babas kan wel skade optel / miskraam as hulle diere EC dra of het, wanneer dit nie aan 'n dokter genoem word nie. Dit gebeur selde, en is baie maklik om te behandel - as u swanger is en 'n kat of kleindiertjie besit, gesels met u dokter.
Sou jy enige van die tekens sien, neem die diertjie na jou naaste veearts en laat hulle ondersoek. Maak gereed om jou diertjie te voer sou hy/sy siek wees. As jou diertjie reeds siek is en simptome wys, is dit 'n 28 dae lange kursus, en 'n veearts moet die diertjie sien en die nodige ekstra spuite en behandeling toedien.
Enige vrae kan aan Danabaai Veeartse (044 698 1815) of Southern Cape Bunny Haven (060 466 2810) gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'