MOSSELBAAI NUUS - Drie mans van Groot-Brakrivier is gister dood toe die bakkie waarin hulle gery het teen ‘n krans afgestort het.
‘n Polisiewoordvoerder sê die liggame van die insittendes is steeds in die voertuig vasgekeer.
Die polisie vermoed die bestuurder het omstreeks 15:00 die Kleinplaaspad verlaat en ongeveer 100m by die krans afgestort voordat die bakkie in 'n beboste gebied tot stilstand gekom het.
Die polisie sê die toneel is moeilik bereikbaar.
‘n Nooddienshelikopter sal na verwagting vandag ingespan word om die liggame te verwyder.
Die bestuurder van die bakkie is in sy 40’s en die ander twee oorledenes is onderskeidelik 18 en 26 jaar oud. ‘n Saak van strafbare mansslag word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'