GROOT-BRAKRIVIER NUUS & VIDEO - ‘n Nissan NP200-bakkie het vanmiddag, Sondag 7 Maart op die N2-snelweg net buite Groot-Brakrivier onverklaarbaar aan die brand geslaan.
Volgens inligting het die bestuurder van die voertuig rook by die kajuit sien uitkom. Hy het die enjinkap oopgemaak nadat hy die voertuig gestop het en vlamme gesien.
Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuursdienste was gou op die toneel en die brand is onder beheer gebring.
Die bestuurder van die voertuig is ongedeerd.
Provinsiale verkeersbeamptes en Groot-Brakrivier-polisie was ook op die toneel teenwoordig.
Die pad was vir 'n tyd lank toegemaak met een baan wat later vir verkeer oopgemaak is.
Kyk 'n video hieronder.
Foto: Adjudant-offisier Desmond Stevens
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'