MOSSELBAAI NUUS - 'n Ambulans was vanmiddag, op 13 September om ongeveer 15:00 in 'n motorbotsing in Da Gamastraat in Fraaiuitsig betrokke.
Die Mosselbaai Brand, redding en rampbestuurdienste is na die toneel ontbied.
Die omstandighede van die voorval is nie tans bekend nie.
Twee mans en 'n vrou is na die Mosselbaai-provinsiale-hospitaal geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'