Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Honderde mense - en trekkers en ander voertuie - het vanoggend na Hartenbos opgeruk as deel van die #BlackMonday-veldtog teen plaasmoorde en geweldsmisdade in Suid-Afrika.
Voormalige Springbokrugbykaptein, Johann Muller wat ook aan die protesaksie deelgeneem het, het gesê hierdie is net die begin, dat Suid-Afrika die beste land ter wêreld is en daarom het hy Mosselbaaiers aangemoedig om deel van die oplossing teen misdaad te wees.
In die versoekskrif wat aan die Mosselbaaise onderburgemeerster, Dirk Kotzé oorhandig is, is daar melding gemaak van ‘n besondere eensgesindheid wat heers op plase en in die landbou jeens die onsinnige moord op mense ongeag hulle ras.
Die regering is in die brief versoek om tussenbeide te tree, om op te tree, terwyl die Mosselbaai-munisipaliteit bedank is vir die stabiliteit wat hulle in die omgewing bewerkstellig.
Die groep beweeg nou op Louis Fourieweg in die rigting van Mosselbaai.
Kyk 'n video hieronder.
Lees vorige artikels:
• Honderde staan saam teen misdaad
• 2de saamtrek teen misdaad
• Verenig teen misdaad
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-NUUSREDAKTEUR
VIDEO: LIZELLE CROUS, MOSSEL BAY HELICOPTERS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'