Gallery
MOSSELBAAI NUUS - AfriForum (AF) buurtwagte was die afgelope naweek (14 en 15 Julie) bedrywig toe AF-hoofkantoor 'n Nasionale patrollie uitgeroep het.
Op Herbertsdale en Groot-Brakrivier is daar die Vrydagaand patrollies gery terwyl die AF-buurtwagte van Groot-Brakrivier, Glentana en Midbrak die Vrydag en Saterdag verskeie bewusmakings aksies gedoen het.
Laasgenoemde buurtwagte het die Vrydag om 16:00 op die Groot Brak-krieketveld bymekaar gekom om met 'n massamotorkonvooi bewusmaking af te skop.
Dié konvooi het deur die Greenhaven, Wolwedans, Groot Brak, Suiderkruis, Tergniet, Reebok en Glentana woonbuurte gery.
AfriForum Glentana en Midbrak het verlede Saterdag deurnag patrollie gery.
FOTOGALERY: Afriforum doen bewusmaking patrollies
Van AfriForum se vrouelede, wat die patrollies meegemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’