Hierdie spesiale maand en dag word gebruik om die publiek bewus te maak van die aanvraag na veilige bloed en bloedprodukte, asook om dankie te sê aan al die vrywillige skenkers vir hul ondersteuning.
Wat 'n beter manier om hierdie maand te vier as om uit te vind wat jou bloedgroep is, en wie uiteindelik deur jou donasie kan baat!
Bloedgroepe is fassinerend! In die algemeen is mense baie geïnteresseerd in die feite rondom hul bloedgroep. Dit is verbasend dat ons almal iets so basies deel.
Selfs gedurende hierdie tegnologiese era is daar steeds geen plaasvervanger vir bloed nie. Dit kan nie gedupliseer word nie weens die kompleksiteit daarvan. Die WP Bloedoortappingsdiens vertrou dus 100 % op die ondersteuning van ons vrywilliger skenkers.
Bloed is 'n komplekse stof wat bestaan uit vloeistof en verskillende soorte bloedselle. Daar is baie verskillende
bloedgroeperingstelsels, maar die mees algemene een wat gebruik word is die ABO-stelsel. Volgens die ABO-stelsel word bloed in een van agt bloedgroepe geklassifiseer. Dit bepaal die skenker-ontvanger versoenbaarheid. Hierdie bloedgroepe is sub-tipes van die vier groter ABO bloedgroepe, wat bestaan uit A, B, AB of O. Die Rhesus (Rh) stelsel verdeel hierdie vier groepe verder in óf Rh+ of Rh-, wat dan agt bloedgroepe tot gevolg het: O-, O+, B-, B+, A-, A+, AB- of AB+.
Ongelukkig is nie alle bloedgroepe met mekaar versoenbaar nie. Voor elke bloedoortapping word die ontvanger se bloedgroep getoets, asook getoets teen die skenker bloed. Dit verseker dat die ontvanger nie 'n negatiewe reaksie na die bloedoortapping sal ervaar nie.
Negatiewe reaksies word veroorsaak as gevolg van die verskille in teenliggaampies wat in verskillende bloedgroepe voorkom. Terwyl bloedgroep A-individue natuurlike anti-B bloedgroep teenliggaampies in hul plasma het, het bloedgroep B-individue anti-A bloedgroep teenliggaam-pies en bloedgroep O het anti-A en anti-B bloedgroep teenliggaampies.
Skaars bloedgroepe is ook 'n realiteit en nog 'n belangrike rede om te weet wat jou bloedgroep is. Soms is 'n individu gebore met 'n ongewone, spesifieke rooi-sel antigeen of sonder 'n antigeen wat algemeen is vir die meeste mense. Hierdie verskille word erken as seldsame bloedgroepe. Dit is moeilik om sulke tipe bloedgroepe met gereelde bloedgroepe te vereenselwig. Dit is as gevolg van die teenwoordigheid van teenliggaampies.
Vir kliniek inligting, SMS "bloed" na 33507 en die WPBOD sal jou terugskakel. Skenkers en potensiële skenkers kan WPBOD ook kontak by 021 507 6300 of die webtuiste besoek by www.wpblood.org.za. WPBOD is ook beskikbaar op Facebook (WP Blood) en Twitter (@WPBlood).
Onthou - iemand daar buite is net JOU TIPE!

'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'