MOSSELBAAI NUUS - Die eenjarige Jeandré Botha van Aalwyndal het onlangs 'n verjaarsdagpartytjie gehou, maar sy mamma, Marisa het sy maats gevra om eerder kos vir diere te bring, in plaas van geskenke.
"Jeandré verjaar eers op 7 September maar ons het sy partytjie vroeër gehou omdat sy pa in die buiteland werk."
Marisa sê van sy geboorte af het hulle besluit om met Jeandré se verjaarsdag iets aan die samelewing terug te gee. "'n Tipe pay it forward. Diere lê ons baie na aan die hart. Daar sal altyd mense wees wat vir ouer persone en kinders omgee, maar nie almal is diereliefhebbers nie."
Jeandré se tema was 'n reënboogpartytjie. "Hy is ons reënboogbaba na ons 'n baba in 2016 op sewe maande in utero verloor het. Ons het sommer in die uitnodiging gevra dat almal iets bring vir ons viervoetige vriende."
Die kos is aan die dierebeskermingsvereniging (DBV) geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'