TUINROETE NUUS - Op die plaas Wolvefontein, Gouritzmond het Gerrit Butler en sy werknemer, Petrus Oktober 'n bielie van 'n patat uit die grond getrek.
Gerrit se skoondogter, Karien Butler sê hulle boer eintlik met bye, maar onderhou ook 'n groentetuin op die plaas. Daar kweek hulle tamaties, boontjies en ook patats.
"My skoonpa en Petrus het die patat uitgehaal en ons wou dit sommer vir die mense wys." Die patat trek die skaal op 7.5kg.
"Dit staan nog net so in my kombuis." Karien sê sy wou nog nie aan die mooi patat sny nie, maar as dit tyd ryp is sal sy vir die familie soetpatats maak.
Hier is Karien se soetpatatresep: Kook die patat tot sag. Gooi 'n knypie kaneel, genoeg suiker en lekker vars plaasbotter bo-oor. Druk sag met 'n vurk en bedien warm.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'