MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Sabander (sa-ban-der) (verouderd) I tw. Uitroep waarmee iemand beveel word om 'n ander persoon nie te pla nie of uit sy of haar pad te kom: Sabander! Jy's in die pad hier! Toe. Sabander. Voor ek slaan aan jou (CJ Langenhoven: Werke II, 1956, 192).
II werkwoord, het gesabander. Hardloop of vlug: Die honde spring weg ... Aitsa, kyk dan hoe sabander so 'n druiloor nou (R Britz: Lokstem, 1945, 236).Noudat die ... manne hulle so skrikgemaak het, wil party net sabander tot in Namakwa se land (J Rabie: Anders-Maak, 1964, 89).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’