GROOT BRAKRIVIER NUUS - 'n Nal'ibali leser van Groot-Brakrivier, was een van vele vrywilligers wat vandag, op Woensdag, 5 Februarie vir leerders gelees het op Wêrelddag vir Hardop Lees.
Sy het soos die res van die lesers aan die Tuinroete skole besoek.
Annie, soos sy haarself aan die leerders voorgestel het, het hardop vir kinders uit die boek, Gans gelees.
Die aktrise, Kristie Herbst, van My Country My Hat, het vir inwoners by die Groenkloof Aftreeoord op Groot-Brakrivier gelees. Sy het die boek, Pas op vir Jantatarat gelees.
By Laerskool Vorentoe het 121 leerders en agt volwassenes, wat onderwysers en vrywilligers ingesluit het, aan die besondere dag deelgeneem.
"Miskien geniet 'n mens eerder die dinge van 'n kind, juis wanneer jy nie meer 'n kind is nie," sê Pienaar.
Ena Loubser van Mosselbaai is deel van 'n groep vroue op Mosselbaai wat voorleesgroepe gestig het om weer by kinders 'n lus vir lees aan te wakker.
Reeds 13 voorleesgroepe is op Mosselbaai en omliggende omgewing gevestig.
Annie (middel voor) saam met leerders van Laerskool Vorentoe.
Annie het hardop vir kinders uit die boek, 'Gans' gelees.
Die aktrise, Kristie Herbst het vir inwoners by die Groenkloof Aftreeoord op Groot-Brakrivier gelees.
Kristie Herbst het die boek, Pas op vir Jantatarat, gelees.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'