Update
MOSSELBAAI NUUS - Die wit dubbelkajuit bakkie wat as wegkomvoertuig tydens gister, Dinsdag 6 Desember se poging tot roof by die Engen-vulstasie op die N2 naby Danabaai gebruik is, is kort na die voorval verlate op die Vleesbaaipad naby Nautilusbaai gevind.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat nege verdagtes om ongeveer 13:50 eers die Engen-vulstasie en kort daarna ‘n transito-voertuig op die perseel probeer beroof het.
Die vermoede bestaan dat die verdagtes waarskynlik paniekerig geraak het en toe op die vlug geslaan het.
Skote is afgevuur waarna ‘n motoris gewond is.
Die slagoffer is na ‘n hospitaal in Mosselbaai geneem en dit is nie tans bekend wat sy toestand is nie.
Die polisie het bevestig dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie. Die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad het intussen die ondersoek oorgeneem.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'