Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser is op die toneel by die Engen-vulstasie naby Danabaai op die N2 waar daar so pas na wat verneem word 'n gewapende roof was.
Die polisie is op die toneel. Die Advertiser het verneem dat 'n man na bewering tydens die voorval geskiet is en na die Total-vulstasie oorkant die pad gery het.
FOTOGALERY: Rooftog by Engen-vulstasie
Die Advertiser is ook op die toneel by die Total waar 'n goudkleurige voertuig met 'n pap band in die middel van die parkeerterrein verlate staan. Werknemers van die perseel sê 'n ambulans het 'n beseerde man uit die voertuig gehelp en hospitaal toe geneem. Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
Die KwaNonqaba-polisie se kommunikasiebeampte ao Kappie Kapp doen 'n versoek op motoriste om die Total-vulstasie en die Engen-vulstasie waar moontlik vir eers te vermy aangesien beide vulstasies tans as aktiewe misdaadtonele hanteer word.
VIDEO - Gewapende roof by Engen-vulstasie (Video: Louise Karsten en Jannie Du Plessis).
Polisievoertuie staan by die Danabaai-ingang
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'