MOSSELBAAI NUUS - Vuurwapenlisensiehouers wie se lisensies tydens die nasionale inperking verval het, sal na alle waarskynlikheid nadat die inperking opgehef is, weer hul lisensies kan hernu.
Polisiewoordvoerder, kaptein Wollie Fourie sê tans word die status quo gehandhaaf, aangesien vuurwapenkantore gesluit is.
“Ons wag op ‘n brief van die nasionale polisiekantoor om te bevestig dat mense se grasietydperk verleng word om aansoek te doen vir hul vuurwapenlisensies.”
Daar sal na wat verneem word nie vervolging wees vir lisensiehouers wat nie tydens die inperking kon aansoek doen om die lisensies te hernu nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'