MOSSELBAAI NUUS - ‘n Militêre veteraan is enige Suid-Afrikaner wat diens gedoen het in enige militêre organisasie, statutêre of nie-statutêre magte, wat betrokke was in alkante van die Liberale oorlog van 1960-1994; gedien het in die Unie Verdedigingsmag voor 1961; ‘n lid geword het van die nuwe Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag na 1994; en wat militêre opleiding voltooi het en nie langer militêre diens verrig nie en nie oneerbaar ontslaan is van enige militêre organisasie nie.
Om te registreer as ‘n militêre veteraan op die Departement van Militêre Veterane Databasis of nie.
Vereistes om te kwalifiseer vir militêre veterane voordele:
- ‘n Militêre veteraan kan kwalifiseer vir een of meer voordele soos voorsien in die Wet (Wet 18 van 2011)) en die regulasies vervat in die wet.
- Indien die militêre veteraan voldoen aan die kriteria soos voorgeskryf in die regulasies van die wet vir elke spesifikasie.
- Indien die militêre veteraan gelys (geregistreer is) op die Nasionale Militêre Veterane databasis. (Die doel van die opgawe lys/registrasie is nie om te kyk wie is opgelei en waar hulle woon nie).
- Dit is nie verpligtend om te registreer as ‘n militêre veteraan in Suid-Afrika nie maar as jy nie geregistreer is nie kan jy nie in aanmerking kom vir voordele nie.
- Diskwalifikasie vir militêre veterane voordele
Militêre veterane word gediskwalifiseer van voordele indien hy of sy skuldig bevind is aan verkragting , moord, diefstal, roof of hoogveraad gepleeg het na 27 April 1994 en gevonnis is tot tronkstraf vir ‘n periode langer as vyf jaar sonder die opsie van ‘n boete word jy gediskwalifiseer van militêre veterane voordele.
Hierdie punt moet nie interpeteer word as die diskwalifikasie van ‘n afhanklike van ‘n gediskwalifiseerde militêre veteraan in terme van die sub regulasies vir die ontvangs van voordele soos uitgesit in die Wet en sy regulasies nie.
Pensioen/uitbetalings
Daar is geen pensioen of uitbetalings vir militêre veterane nie.
Hoe doen ek aansoek vir die militêre veterane voordele?
Die militêre veteraan moet eers geregistreer word op die Departement van Militêre Veterane databasis, daarna kan hy/sy aansoek doen vir die voordele nadat hy/sy geregistreer is.
So ‘n paar jaar terug het ons in lang rye gestaan om as militêre veterane te registreer - wat het geword van daardie proses.
Jy moet dit opvolg deur die volgende te doen:
Bel: 080 232 3244 of epos: database@dmv.gov.za
Die voorstel is ook dat jy die hele registrasieproses weer van voor af doen.
Besoek: www.dmv.gov.za vir die detail ten opsigte van die registrasie as militêre veteraan.
Jy word ook genooi om by die SA Weermagvereniging aan te sluit en ons help jou met die registrasie as militêre veteraan.
Kontak ons by 060 603 2930 of epos: sawv@milvets.co.za of admin@milvets.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'