GROOT-BRAK NUUS - Die dokumentêre film oor die lewe van die apartheidsaktivis, Ashley Kriel, word volgende Maandag 18 Julie - op Mandeladag - om 13:00 in St Johns Hall, Groot-Brakrivier, vertoon.
Die film getiteld, Action Kommandant, deur Nadine Cloete is reeds in 2016 vrygestel.
Dit is tans te sien op ShowMax. Die publiek het egter met hierdie vertoning ‘n geleentheid om dié veelbesproke dokumentêr oor hierdie vryheidsaktivis gratis te sien.
Kriel was ‘n lid van die politieke beweging, uMkhonto we Sizwe, en het ‘n groot invloed op die jeug gehad.
Hy was ‘n boorling van Bonteheuwel in Kaapstad en is op 9 Julie 1987, op die ouderdom van 20 jaar doodgeskiet terwyl hy by ‘n veiligheidshuis in Athlone tuisgegaan het.
“Vanjaar merk die 35ste herdenking van Ashley Kriel se dood,” het Hein Scheepers, 'n spreker by die geleentheid, gesê. “Die idee is om die publiek en breër gemeenskappe aan sy heldedade te herinner. Hy was ‘n held vir almal.” LP Cameron Dugmore is die organiseerder van die geleentheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'