Ons is op soek na Mosselbaai se ma en kind wat die heel meeste na mekaar trek!
Die Mossel Bay Advertiser en Home Ads News stel 'n Moedersdagkompetisie bekend, wat lesers beslis twee keer sal laat kyk - net om seker te maak hulle sien nie dubbel nie!
Lekker pryse is op die spel (meer daaroor in 'n volgende uitgawe), maar benewens dit, gee dit jou die kans om bietjie te spog met jou familie se goeie gene!
Ons nooi lesers om hul moeders in te skryf, of waar die kinders dalk nog klein is, kan pappa gerus vir mamma inskryf. Daar is geen ouderdomsbeperking nie, maar die moeder moet 'n Mosselbaai inwoner wees.
Stuur vir ons 'n onlangse foto van jou en jou ma, met die volgende inligting: Al die persone in die foto se name en vanne, die moeder se woonadres en kontaknommer, sowel as die datum waarop die foto geneem is.
Foto's wat meer as 'n jaar gelede geneem is, sal nie aanvaar word nie. Foto's sonder bogenoemde inligting, sal ook nie kwalifiseer vir die kompetisie nie.
Foto's kan per epos gestuur word na mari@groupeditors.co.za. Digitale foto's moet asseblief nie groter as 2MB wees nie. Foto's kan ook by die Mossel Bay Advertiser kantore afgegee word, te Kerkstraat 9, Mosselbaai.
Indien u nie 'n kamera het nie, kan u gerus van die dienste van fotograaf Tersia Marais gebruik maak, teen 'n koste van R50 per foto. Sy kan gekontak word by 072 227 4715.
Weens spasiebeperkings, sal ons ongelukkig nie al die inskrywings in die koerant kan plaas nie, maar ons sal, sover moontlik, inskrywings op ons webwerf, www.mosselbayadvertiser.com, plaas. Van die inskrywings sal ook in die koerant geplaas word, met die blote doel om die kompetisie te bemark. Foto's wat nie op die webwerf of in die koerant verskyn nie, sal nogtans beoordeel word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag, 29 April 2013. Die wenner sal in die Advertiser van 10 Mei aangekondig word - net betyds vir Moedersdag!
* Sien inskrywings hier.
