MOSSELBAAI NUUS - Namiddagverkeer het erg opgeengehoop op Louis Fourieweg na aanleiding van ‘n motorbotsing by Langeberg Mall.
Die voorval het omstreeks 17:30 plaasgevind.
Volgens inligting het ‘n voertuig, vermoedelik ‘n bakkie, teen ‘n Toyota Fortuner gebots in die verkeerskruising waarna die Fortuner op sy sy te lande gekom het.
Sover bekend, is geen ernstige beserings aangemeld nie.
Nooddienste was spoedig op die toneel om hulp te verleen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'