MOSSELBAAI NUUS - Erik van Eeden (Van Eeden Hokke) en Wikus en Amanda Pretorius (Anouk) het die afgelope naweek die wenduiwe in onderskeidelik die jaaroud- en ope-afdelings in Mosselbaai-posduifklub se wedvlugte vanaf Prieska (501km) geklok.
Die jongduiwe is om 08:30 gelos en ses ure 45 minute later (15:15) klok Van Eeden die wenduif op Mosselbaai. Faunty Gillmer klok tweede, Gert Wessels derde en vyfde en Hannes Grové (Boemerang) vierde.
Die Pretoriuse klok hulle wenduif om 15:41, ses ure 41 minute nadat die ope-duiwe om 09:00 losgelaat is. Essie Esterhuizen (AJE Lofts) klok tweede, Gert Wessels derde en Danie Barnard (Barnard Lofts) neem die vierde tot sewende plekke in.
Juniors
In die junior-afdeling van die klub is dit JW Schutte (jaaroud) en Tashinga Grace Kadye (ope) wat die wenduiwe klok.
In die jaaroud-afdeling klok Marinus van der Mescht tweede, Carel Grové derde, Jula Meyer vierde en JW weer vyfde. Carel neem die tweede en vyfde plekke in die ope in met Jula derde en Zante Strydom vierde.
Die duiwe word môre, Saterdag 6 Augustus op Hopetown losgelaat.
Tashinga Grace Kadye met haar wenduif.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'