Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Twee mans het vandag vlugtig in die hof op Groot-Brakrivier verskyn in verband met die aanval op ‘n bejaarde vrou.
Die slagoffer is twee weke gelede in haar huis wreed aangeval.
Die polisie is eers ‘n dag na die voorval na die toneel ontbied, nadat die 75-jarige slagoffer, wat haar bewussyn verloor het, wakker geword het.
Die verdagtes het glo toegang tot die vrou se huis deur die sitkamervenster gekry en het die slagoffer in haar bed aangeval en vasgebind, voordat sy met 'n tou gewurg is.
Die 30-jarige en 50-jarige verdagtes is die afgelope week gearresteer nadat die polisie ‘n woning op Fraaiuitsig-plaas deursoek het en die slagoffer se besittings in hulle besit gevind het.
Die polisie het ook op ‘n verskeidenheid dwelms beslag gelê.
Die mans bly in aanhouding en verskyn weer op die 24ste September in die hof.
Die slagoffer word steeds in ‘n hospitaal vir haar beserings behandel.
Hierdie polisiebeamptes, ao Louis Crause, kst Kabelo Ntopo, ao Sias Weyers en Gaylord Muller, het geen steen onaangeraak gelaat nie tydens hulle ondersoek in die huisroofsaak.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'