Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 75-jarige inwoner van Groot-Brakrivier wat op Maandag, 23 Julie wreed deur twee verdagtes in haar woning in Voorbrugweg aangerand is, sterk steeds in 'n hospitaal in George aan.
Intussen is die polisie se ondersoek na wat beweer word in 'n sensitiewe stadium. Die twee verdagtes in die saak was teen die ter perse gaan steeds op vrye voet.
Die slagoffer is in haar bed oorval en kon eers die volgende dag hulp ontbied nadat sy wakker geword het en daarin kon slaag om haar vasgebinde hande met 'n skêr los te sny. Sy het 'n vriendin vanaf haar huistelefoon gebel waarna die polisie na die woning ontbied is.
Dit blyk dat die verdagtes deur 'n sitkamervenster toegang tot die woning gekry het. Hulle het die bejaarde vrou, wat alleen woon, wreed aangerand en onder meer ook verwurg waarna hulle met haar selfoon gevlug het.
Volgens die slagoffer se dogter kry sy sielkundige behandeling. Die familie is eers bereid om op 'n later stadium met die media te praat.
Lees 'n verwante artikel: Great Brak woman severely assaulted
'Ons bring jou die nuutste Groot Brak-Rivier, Tuinroete nuus'