Update
ALBERTINIA NUUS - ‘n Forensiese pataloog het gister in die saak teen ‘n plaaswerker wat ‘n boervrou op Albertinia in haar huis vermoor het getuig dat die wurging van Sharon Lee Bester die ergste geval was wat sy nog in haar beroep gesien het.
Dokter Christa Hattingh in aan Regter NC Erasmus gese die 52-jarige Bester se nek was ‘n bebloede massa.
Sy het in die rondgaande hoërhof op Mosselbaai vir die staat teen die beskuldigde, die 21-jarige Johannes Bangiso getuig.
Bangiso het gister sekere erkennings aan die hof gemaak en het erken dat hy Bester in Oktober verlede jaar vermoor het.
Hy het aangevoer dat hy sy meisie op Riversdal met Bester se Landrover wou gaan haal en dat hy tydens die voorval onder die invloed van sterk drank was.
Uitspraak in die saak word vanoggend gelewer.
Lees vorige artikels:
- Opspraakwekkende moordverhoor skop af
- Boervrou vermoor: Verdagte in hof
- Opvolg: Albertinia-Boervrou vermoor
- Albertinia: Boervrou vermoor
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'