ALBERTINIA NUUS - Die verdagte in die moord op Sharon Lee Bester, Johannes Bangiso, sal vandag (Donderdag 9 November) weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Hy het vir die eerste keer op Donderdag 2 November vir regshulp verskyn.
Die 52-jarige Bester is Saterdag 28 Oktober dood in haar huis op die plaas Zout van die Aarde in die Albertinia-distrik gevind. Daar is oorspronklik vermoed dat sy 'n beroerte gehad het, maar 'n nadoodse ondersoek op 1 November het bevestig dat sy verwurg is.
Bangiso (20) was 'n werknemer op die plaas.
Hy het in aanhouding op Mosselbaai gebly tot vandag.