MOSSELBAAI NUUS - Nadat dit in 2020 nie kon plaasvind nie, sal Mosselbaai se Kersliggies vanjaar weer volgens jarelange tradisie op 11 Desember aangeskakel word.
Marshstraat sal weer eens 'n kaleidoskoop van kleur wees wanneer die uitvoerende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzè, die feesliggies vir die seisoen aanskakel.
Die geleentheid word in die Harry Giddey-park gehou, oorkant die munisipale kantore in Marshstraat.
Die program begin om 18:30 - 19:00 met die sing van Kersliedere, waarna die liggies omstreeks 19:55 aangeskakel sal word.
Vir navrae, kontak Peter Juthe: 044 606 6300 / pjuthe@mosselbay.gov.za of Benita Truter: 044 606 5138 / mayoroffice@mosselbay.gov.za
Covid-19-regulasies geld en daarom is die dra van maskers verpligtend. Sosiale afstand moet ook gehandhaaf word.
'n Vorige byeenkoms in die Harry Giddey-park.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'