MOSSELBAAI NUUSFLITS - ‘n 17-jarige seun maak vandag sy eerste hofverskyning in die Groot-Brakrivier landdroshof op ‘n aanklag van moord.
Polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie sê die verdagte is Sondag gearresteer nadat hy na bewering ‘n 20-jarige man op ‘n plaas by Kleinfontein met ‘n bottelnek doodgesteek het.
Die tiener het die slagoffer verskeie op sy nek en kop gesteek tydens 'n rusie waarna hy van die toneel gevlug het.
Hy word aangekla van moord en bly in aanhouding ‘n huis vir jeugmisdadigers in George.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'