KULTUUR- EN SAKENUUS - AfriForum Sakenetwerk het vanjaar oudergewoonte innoverende Afrikaanse ondernemings met Tinteltong Toekennings beloon.
Hierdie jaar het 47 ondernemings ’n Tinteltong Toekenning gekry vir hulle bydra tot die bevordering van Afrikaans as besigheidstaal. Nege van die ondernemings is in die Suid-Kaap.
“Dit is ongelooflik om te dink dat ons in 2016 net vier Tinteltong Toekennings uitgedeel het en dat ons só gegroei het dat ons hierdie jaar 47 ondernemings, wat in Afrikaans handel dryf, met hierdie toekenning kon beloon,” sê Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriForum Sakenetwerk.
In 2016 het AfriForum bevind dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is.
Daarom doen dié organisasie moeite om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans lewer en so ook ander te motiveer om besigheid in hul hartstaal te doen.
“Ons wou graag in 2024 die meeste toekennings nóg uitdeel aangesien daar soveel oulike ondernemings is wat dit verdien. Ons het in ons doel geslaag,” sê Van der Walt.
Die Suid-Kaapse en Oos-Kaapse wenners. Foto's: Verskaf
Die Suid-Kaapse wenners is:
• Allegaartjie Restaurant – Stilbaai
• Hoep-Hoep Babaontwerpe - Vleesbaai
• Kasselshoop Kaas - Stilbaai
• Kapoet Padstal - Willowmore
• Loka Boetiek - Mosselbaai
• Mooi Uitsig Kombuis – Groot-brakrivier
• Piekant Piekniek - George
• Seebederfie Gastehuis – Groot-brakrivier
• Stilbaai Kelders – Stilbaai
Sanderien van der Walt (bestuurder van AfriForum Sakenetwerk) en Nikkie Kriel (projekassistent vir AfriForum Sakenetwerk) ONDER: Gasspreker Lené Heck
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’