MOSSELBAAI NUUS - 'n Groot eer het Dave van der Walt, sekretaris van die Eden-sportraad te beurt geval toe hy die eerste Eden-sportadministrateur geword het om 'n sertifaat van erkenning vir 'n leeftyd se uitstaande bydrae van die Wes-Kaapse Provinsiale Sportraad (WKPS) ontvang het.
Die WKPS het Saterdagaand, 17 November tydens 'n glansfunksie by Centuary City-konferensiesentrum sy lede en administrateurs vereer.
'n Totaal van 240 lede verteenwoordigend van die ses distriksportrade, 30 Wes-Kaapse sportfederasies en ander gaste het die geleentheid bygewoon.
Die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, die departementshoof Brent Walters, asook die hoofdirekteur sport, dr Lyndon Bouah was ook teenwoordig.
Desmond Speelman, voorsitter van die Eden-sportraad het namens dié sportraad 'n waarderingssertifikaat ontvang, terwyl Corné Bence, president van Eden- en Wes-Kaap Fietsry ook 'n erkenningssertifikaat in ontvangs geneem het.
Foto's: Christo Vermaak
Corné Bence.
Dave van der Walt.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'