MOSSELBAAI NUUS - Die Spar op Mosselbaai gaan vanmiddag sluit weens 'n positiewe Covid-19 geval.
Die bestuurder van die Spar, Marius Coetzer het aan die Mossel Bay Advertiser bevestig dat 'n personeellid van die winkel positief getoets het vir die virus.
Coetzer het bevestig dat die winkel gedisinfekteer sal word. "Ons behoort vir 24-uur gesluit te wees sodat ons die gebied kan ontsmet. Ons sal daarna weer vir die publiek oop wees."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'